Afrikaans 1983

Job 39:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Kan jy vir 'n leeu sy prooi vang?Kan jy vir hom genoeg gee om te eet

2. wanneer hy in sy skuilplek gereed lê,op die loer lê agter 'n bos?

3. Wie gee vir 'n kraai die kos wat hy nodig hetwanneer sy kleintjies om hulp roep na God,rondskarrel vir iets om te eet?

4. Ken jy die tyd wanneer die klipspringers lam?Staan jy en kyk waar die wildsbokke kleintjies kry?

5. Kan jy vir hulle die draagtyd bepaal,weet jy presies wanneer hulle moet lam?

6. Hulle trek inmekaar, die bokkies word gebore,die geboortepyne is gou verby.

7. Die lammers groei en word groot in die veld,hulle gaan weg en kom nie na die ooie toe terug nie.

8. “Wie gee aan die wildedonkie sy vryheiden laat hom ongebonde vryloop?

9. Ek het vir hom die oop veld gegee om in te bly,die brakbossies om in te wei.

10. Hy bekommer hom nie oor die gewoel in die stad nie,hy hoef nie te luister na die geskreeu van 'n drywer nie.

11. Hy deurkruis die berge vir weiding,hy snuffel elke groen sprietjie uit.