Afrikaans 1983

Job 38:3-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Maak jou reg vir die stryd:Ek sal vra, antwoord jy My.

4. Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het?Praat as jy die antwoord het.

5. Wie het die aarde afgemeet? Weet jy dit?Wie het 'n maatlyn oor hom gespan?

6. Waarop is sy voetstukke neergesit?Wie het hom aanmekaargesit

7. daardie oggend toe die sterre saamgesing heten al die hemelinge gejubel het?

8. Wie het die see opgedamtoe hy begin uitborrel het?

9. Ek het hom met wolke bedek,hom met donkerte toegemaak.

10. Ek het vir hom perke gestel,hom agter slot en grendel gesit.

11. Ek het gesê: ‘Tot hiertoe mag jy kom, nie verder nie;hier is die grens van jou magtige golwe.’

12. “Het jy, Job, in jou tyd die môre beveel om te kom?Weet jy waar die daeraad vandaan kom,

13. die daeraad wat lig oor die hele aarde bringsodat die goddeloses nie in die donker kan bly skuil nie?

14. Met die daeraad word die vorm van die aarde sigbaar,dit neem vorm aan soos klere wat aangetrek word.

15. Dan word die goddeloses hulle bestaan ontneemen word hulle geweld beëindig.