Afrikaans 1983

Job 38:13-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. die daeraad wat lig oor die hele aarde bringsodat die goddeloses nie in die donker kan bly skuil nie?

14. Met die daeraad word die vorm van die aarde sigbaar,dit neem vorm aan soos klere wat aangetrek word.

15. Dan word die goddeloses hulle bestaan ontneemen word hulle geweld beëindig.

16. Het jy, Job, al gekom by die plek waar die seewater uitborrel,en rondgestap op die bodem van die diepsee?

17. Het jy die ingang van die doderyk gesien,die plek van donkerte al bekyk?

18. Kan jy 'n beeld vorm van die groot wye wêreld?Praat as jy iets daarvan weet.

19. Hoe loop die pad na die plek waar die lig woon?En die donkerte, waar is sy woonplek?

20. Kan jy die donkerte na sy gebied toe terugvat?Ken jy die paaie na sy woongebied toe?

21. Jy moet dit weet, jy wat maak of jy toe al gebore was,of jy 'n lang lewe agter die rug het.

22. Was jy al by die plek waar die sneeu gebêre word?Het jy al die plek gesien waar die hael gebêre word,

23. wat Ek opgegaar het vir 'n tyd van rampe,vir die dag as Ek wil oorlog voer?

24. Hoe loop die pad na die plek toe waar die lig sy oorsprong heten die oostewind oor die aarde begin waai?

25. Wie het vir die stortreën 'n pad oopgekapen vir die donderwolke hulle koers bepaal

26. sodat dit reën in 'n land waar nie mense is nie,in 'n woestyn waar niemand woon nie

27. en 'n droë, dor land deurnat word,sodat daar groen gras uitspruit?

28. Het die reën 'n vader?Wie het die doudruppels in die wêreld gebring?