Afrikaans 1983

Job 38:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe het die Here vir Job aangespreek uit 'n stormwind uit:

2. “Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboommet woorde wat getuig dat hy geen insig het nie?

3. Maak jou reg vir die stryd:Ek sal vra, antwoord jy My.

4. Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het?Praat as jy die antwoord het.

5. Wie het die aarde afgemeet? Weet jy dit?Wie het 'n maatlyn oor hom gespan?

6. Waarop is sy voetstukke neergesit?Wie het hom aanmekaargesit

7. daardie oggend toe die sterre saamgesing heten al die hemelinge gejubel het?

8. Wie het die see opgedamtoe hy begin uitborrel het?