Afrikaans 1983

Job 37:6-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Hy beveel die sneeu om op die aarde te val;die reëns val, stortreëns wat getuig van sy krag.

7. Hy laat alle mensewerk tot stilstand komsodat alle mense sy werk kan leer ken.

8. Die diere soek skuilingen bly in hulle skuilplekke.

9. Die stormwind kom uit sy blyplek,die yswinde wat koue bring.

10. As God die wind laat waai, ys diten vries die groot waters.

11. Hy laat die wolke swaar word van vog,Hy stuur sy weerligte in die wolke in.

12. Hy laat die wolke in die rondte maal,hulle doen wat Hy bepaal,hulle gehoorsaam sy bevele die wêreld oor.

13. God stuur die stormóf om te strafóf om vir die aarde te sorgóf om sy liefde te toon.

14. “Luister hierna, Job,staan stil en dink na oor die wonderdade van God.

15. Weet jy hoe Hy dit alles voorberei,hoe Hy die lig deur die wolke laat breek?

16. Weet jy hoe die wolke sweef?Dit is die wonderlike werk van Homwie se kennis volmaak is.