Afrikaans 1983

Job 37:11-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Hy laat die wolke swaar word van vog,Hy stuur sy weerligte in die wolke in.

12. Hy laat die wolke in die rondte maal,hulle doen wat Hy bepaal,hulle gehoorsaam sy bevele die wêreld oor.

13. God stuur die stormóf om te strafóf om vir die aarde te sorgóf om sy liefde te toon.

14. “Luister hierna, Job,staan stil en dink na oor die wonderdade van God.

15. Weet jy hoe Hy dit alles voorberei,hoe Hy die lig deur die wolke laat breek?

16. Weet jy hoe die wolke sweef?Dit is die wonderlike werk van Homwie se kennis volmaak is.

17. Jy wat jou nie eens met klere kan beskerm teen die hittewanneer die aarde gloei onder die woestynwind nie,

18. kan jy saam met Hom die hemelruim oopspan,stewig soos 'n spieël wat gegiet is?

19. Sê jý dan vir ons wat ons vir God moet sê.In ons onkunde kan óns Hom nie antwoord nie.

20. Moet aan Hom vertel word wat ek sê?Moet aan Hom meegedeel word wanneer 'n mens praat?

21. “Niemand kon die lig sien nie,die wolke het dit donker gemaak.Maar die wind het gekom en hulle weggewaai.

22. Uit die noorde kom die goudglans,die majesteit van God is ontsagwekkend.

23. Ons kan by die Almagtige nie kom nie, sy krag is groot.Hy laat reg en geregtigheid geskied,Hy verdruk niemand nie.

24. Daarom dien die mense Hom,en sien Hy nie dié raak wat dink dat hulle wysheid het nie.”