Afrikaans 1983

Job 36:20-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Moenie smag na die donker van die nag,die tyd wanneer mense sterf nie.

21. Moet ook nie jou toevlug neem tot sonde nie,jy verkies dit immers bo swaarkry.

22. Die mag van God is groot,wie kan 'n mens tot insig bring soos Hy?

23. Wie kan van Hom rekenskap eis oor sy dade?Wie kan sê: ‘U het verkeerd gedoen’?

24. Dink liewer daaraan om sy werk te roem,sy werk wat deur mense besing moet word.

25. Alle mense kan dit sien,al neem hulle dit net van ver af waar.

26. God is groot, ons kan sy grootheid nie begryp nie,sy jare kan nie bereken word nie.

27. Hy trek vog op uit die see,Hy haal reën uit die groot waters uit,

28. dan giet die wolke water uit,laat hulle dit op al die baie mense val.

29. Kan iemand verstaan hoe die wolke beweegen hoe die weer dreun daar in die woonplek van God?

30. Hy versprei die weerlig deur die lug,en bedek die bodem van die see.