Afrikaans 1983

Job 36:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Elihu het voortgegaan:

2. “Wag nog 'n bietjie, laat ek verder met jou praat,daar is nog argumente vir God se saak.

3. My kennis kom van ver af,ek wil aantoon dat my Maker regverdig is.

4. Wat ek sê, is nie versinsels nie,ek weet wat ek praat.

5. God is magtig maar Hy sien op niemand neer nie;Hy is magtig en sy wysheid is groot.

6. Hy laat die goddeloses nie in die lewe bly nie,Hy laat reg geskied aan die verdruktes,

7. Hy sorg vir die regverdiges.Hy laat konings regeer, selfs baie lank.Maar as hulle hulle verhef,

8. word hulle gevangenes, vasgevang in boeie,geknel deur swaarkry.

9. So laat God hulle besef wat hulle gedoen het,hoe hulle gesondig het toe hulle hoogmoedig geword het.

10. Hy laat hulle ag gee op sy bestraffing,Hy vermaan hulle om hulle van die sonde te bekeer.

11. As hulle luister en Hom dien,sal hulle hulle dae in voorspoed deurbring,hulle jare in welvaart.

12. As hulle nie luister nie,sal hulle sterf,sal hulle doodgaan omdat hulle nie tot insig wou kom nie.

13. Die godloses hoop die toorn van Godnog meer teen hulle op,hulle roep selfs nie om hulp as God hulle in boeie laat vasvang nie.