Afrikaans 1983

Job 35:10-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Maar hulle vra nie na God, hulle Maker,na Hom wat selfs in die nag'n lied kan laat sing nie,

11. na Hom wat aan ons meer verstand gegee het as aan die diere,meer insig as aan die voëls.

12. Mense roep om hulp,maar Hy antwoord nie,want hulle is vol hoogmoed en boosheid.

13. God luister nie na hol woorde nie,die Almagtige slaan daar geen ag op nie,

14. ook nie as jy sê dat jy Hom nie sien nie,dat jou saak voor Hom is, dat jy op Hom wag nie,

15. as jy sê Hy straf nie in sy toorn nie,Hy dra geen kennis van die sonde nie.

16. Job, wat jy praat, is wind,jy praat en praat, maar sonder kennis.”