Afrikaans 1983

Job 35:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Elihu het voortgegaan:

2. “Dink jy dit handel die saak afas jy sê: ‘Ek sal my reg van God ontvang’

3. en dan aanhou om te sê: ‘Wat baat dit my,wat kan ek wen as ek nie sondig nie?’

4. Daarop sal ek jouen ook jou vriende by jou antwoord.

5. Kyk op, kyk na die hemel,kyk na die wolke hoog bokant jou:

6. as jy sondig, wat doen dit aan God,as jy baie keer oortree, hoe raak dit Hom,

7. as jy sonder sonde is, wat baat dit Hom,wat kry Hy van jou?

8. Jou sonde raak jou medemensen jou onskuld raak jou medemens.

9. “Mense roep om hulp onder hulle swaar verdrukking,hulle soek hulp teen die geweld van mense met mag.

10. Maar hulle vra nie na God, hulle Maker,na Hom wat selfs in die nag'n lied kan laat sing nie,

11. na Hom wat aan ons meer verstand gegee het as aan die diere,meer insig as aan die voëls.