Afrikaans 1983

Job 34:8-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Hy maak vriende met dié wat onreg doen,hy gaan om met die goddeloses.

9. Hy het beweer: ‘Dit baat 'n mens nieom die wil van God te doen nie.’

10. Maar luister na my, julle wat alles verstaan!God doen nie verkeerd nie,die Almagtige begaan nie 'n onreg nie.

11. Hy straf die mens net vir wat hy doen,Hy laat hom maar net kry wat hy verdien.

12. Dit is vir God werklik onmoontlik om verkeerd te doen,vir die Almagtige om die reg te verdraai.

13. Het iemand die aarde aan God toevertrou?Het iemand Hom oor die hele wêreld aangestel?

14. As Hy sou besluitom sy gees, sy asem, na Hom toe terug te neem,

15. dan sou al wat leef, sterf,en die mens weer stof word.

16. As jy verstand het, luister hierna,hoor wat ek te sê het.

17. Iemand wat die reg haat, durf tog nie regeer nie.Kan jy vir God wat regverdig en magtig is, skuldig vind?

18. Hy sê selfs vir 'n koning:‘Jy is niks werd nie’en vir vername mense: ‘Julle is sleg.’

19. Hy is nie partydig vir leiers nie,Hy bevoordeel die ryke nie bo die arme nie, want Hy het hulle almal gemaak.

20. In 'n oogwink sterf hulle,in die middel van die nag oorval die doodsvrees hulle,hulle sterf,selfs die sterkes verdwyn sonder toedoen van mense.

21. Hy hou die pad van die mens dopen sien elke tree wat hy gee.