Afrikaans 1983

Job 34:27-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. want hulle het Hom nie bly dien nieen hulle nie aan sy wil gesteur nie:

28. die armes moes na Hom om hulp roep,Hy moes luister na die hulpgeroep van mense in nood.

29. “As Hy stilbly, wie kan Hom veroordeel?As Hy Hom verberg, wie kan Hom sien?Hy alleen heers oor volke en mense.

30. Hy wil nie dat 'n godlose oor mense regeeren hulle ondergang bewerk nie.

31. “As jy vir God sou sê:‘Ek het my teen U verhef, maar ek sal nie weer oortree nie;

32. leer U my wat ek self nie weet nie;as ek verkeerd gedoen het,sal ek dit nie weer doen nie,’

33. sal God jou dan nog strafomdat jy Hom geminag het?“Jý moet kies, nie ék nie,jy weet hoe sake staan. Praat!

34. Mense met insig, enige verstandige menswat my hoor, sal sê:

35. ‘Job praat sonder kennis,sy woorde is sonder insig.’

36. Maar Job moet end-uit getoets word,want sy argumente is diévan die goddelose mense.

37. Hy hoop sonde op sonde,hier tussen ons verlustig hy hom daarin,hou hy aan met praat teen God.”