Afrikaans 1983

Job 34:15-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. dan sou al wat leef, sterf,en die mens weer stof word.

16. As jy verstand het, luister hierna,hoor wat ek te sê het.

17. Iemand wat die reg haat, durf tog nie regeer nie.Kan jy vir God wat regverdig en magtig is, skuldig vind?

18. Hy sê selfs vir 'n koning:‘Jy is niks werd nie’en vir vername mense: ‘Julle is sleg.’

19. Hy is nie partydig vir leiers nie,Hy bevoordeel die ryke nie bo die arme nie, want Hy het hulle almal gemaak.

20. In 'n oogwink sterf hulle,in die middel van die nag oorval die doodsvrees hulle,hulle sterf,selfs die sterkes verdwyn sonder toedoen van mense.

21. Hy hou die pad van die mens dopen sien elke tree wat hy gee.

22. Daar is nie 'n donkerte of duisterniswaar dié wat onreg doen, kan wegkruip nie.

23. God hoef nie verder navraag te doenwanneer 'n mens voor Hom verskyn vir die oordeel nie.

24. Hy hoef nie vooraf ondersoek in te stelvoor Hy sterkes vernietigen ander in hulle plek aanstel nie.

25. Hy sien alles raak wat hulle doenen oornag maak Hy dit tot niet.

26. Waar almal dit kan sien,straf Hy hulle vir hulle goddeloosheid,

27. want hulle het Hom nie bly dien nieen hulle nie aan sy wil gesteur nie: