Afrikaans 1983

Job 34:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Elihu het voortgegaan:

2. “Hoor wat ek te sê het, julle wat die wysheid het,luister na my, julle wat die kennis het.

3. Die oor toets woordesoos die verhemelte kos proe.

4. Laat ons uitmaak wat reg is,self vasstel wat goed is.

5. Job het gesê: ‘Ek is onskuldig,maar God laat nie aan my reg geskied nie.

6. Al het ek die reg aan my kant,word ek vir 'n leuenaar gehou.Al is ek nie skuldig nie,is ek dodelik getref.’

7. Is daar nog 'n mens soos Jobvir wie laster is soos water drink?

8. Hy maak vriende met dié wat onreg doen,hy gaan om met die goddeloses.

9. Hy het beweer: ‘Dit baat 'n mens nieom die wil van God te doen nie.’

10. Maar luister na my, julle wat alles verstaan!God doen nie verkeerd nie,die Almagtige begaan nie 'n onreg nie.

11. Hy straf die mens net vir wat hy doen,Hy laat hom maar net kry wat hy verdien.

12. Dit is vir God werklik onmoontlik om verkeerd te doen,vir die Almagtige om die reg te verdraai.