Afrikaans 1983

Job 33:8-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Ek het jou met my eie ore hoor sê,hier waar ek dit gehoor het, het jy gesê:

9. ‘Ek is onskuldig, ek het nie oortree nie,ek is rein, ek het nie gesondig nie.

10. Tog soek God fout by my,beskou Hy my as sy vyand.

11. Hy behandel my as 'n gevangene,Hy hou elke voetstap van my dop.’

12. Ek sê vir jou: Hierin is jy verkeerd;God is meer as die mens.

13. Waarom beskuldig jy vir God?Hy hoef nie vir jou rekenskap te gee van sy dade nie.”

14. “God spreek die mens aan,Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie.

15. Hy praat met die mens in 'n droom, in 'n gesig in die nag,wanneer die mens diep slaap,wanneer hy vas slaap op sy bed.

16. Dan openbaar God Hom aan die mensen dreig dat Hy hom sal straf

17. om hom van verkeerde dade af weg te houen hom van hoogmoed te weerhou.

18. God wil die mens nie die graf laat ingaan nie,Hy wil hom nie laat sterf nie.

19. “Of Hy spreek die mens aan met ernstige siekte,met pyn wat aan sy liggaam knaag,

20. sodat alle kos hom walg,selfs die lekkerste ete.