Afrikaans 1983

Job 33:5-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Antwoord my as jy kan,maak jou klaar om my teë te staan.

6. Voor God is ek en jy gelyk,ook ék is maar net uit klei gevorm.

7. Ek wil jou nie die skrik op die lyf ja nie,ek sal dit nie vir jou moeilik maak nie.

8. Ek het jou met my eie ore hoor sê,hier waar ek dit gehoor het, het jy gesê:

9. ‘Ek is onskuldig, ek het nie oortree nie,ek is rein, ek het nie gesondig nie.

10. Tog soek God fout by my,beskou Hy my as sy vyand.

11. Hy behandel my as 'n gevangene,Hy hou elke voetstap van my dop.’

12. Ek sê vir jou: Hierin is jy verkeerd;God is meer as die mens.