Afrikaans 1983

Job 33:16-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Dan openbaar God Hom aan die mensen dreig dat Hy hom sal straf

17. om hom van verkeerde dade af weg te houen hom van hoogmoed te weerhou.

18. God wil die mens nie die graf laat ingaan nie,Hy wil hom nie laat sterf nie.

19. “Of Hy spreek die mens aan met ernstige siekte,met pyn wat aan sy liggaam knaag,

20. sodat alle kos hom walg,selfs die lekkerste ete.

21. Die vleis aan sy liggaam is so weggevreetdat jy dit nie meer kan sien nie,jy sien nou net been.

22. Hy is op pad na sy graf toe,na dié toe wat klaar dood is.

23. As daar dan 'n engel by hom sou wees,een uit duisende, wat vir hom pleit,en vir hom sê wat sy plig is,

24. wat hom jammer kry en sê:‘Red hom dat hy nie sterf nie,ek het 'n losprys vir hom,’

25. dan sal sy liggaam weer jonk word,weer word soos in die dae van sy jeug.

26. Hy sal tot God bid, God sal sy gebed verhoor,hom met vreugde laat bid,hom 'n mens maak wat weer reg leef voor God.

27. Dan getuig hy voor die mense:‘Ek het gesondig, my nie gesteur aan wat reg is nie,en tog het God my nie gestraf soos ek verdien nie.

28. Hy het my gered, ek het nie gesterf nie,nou lewe ek weer.’

29. “Dit alles doen God met die mens,selfs meer as een keer.

30. So keer God die mens wegvan die graf afen laat Hy hom weer lewe.

31. “Luister, Job, luister na my,bly stil, ek wil praat.

32. Of as jy tog iets vir my wil sê,sê dit dan,praat, ek sal jou graag gelyk wil gee.

33. Maar as jy niks het om te sê nie, luister na my, bly stil, laat ek jou leer wat wysheid is.”