Afrikaans 1983

Job 32:17-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Ek wil ook 'n beurt hê om te praat,ek wil ook sê wat ek weet.

18. Ek het baie om te sê,my gees dwing my om te praat.

19. Dit kook in mysoos wanneer wyn nie klaar gegis het nieen selfs nuwe wynsakke wil laat oopbars.

20. Ek moet praat, ek moet my gemoed lug,ek moet vir Job begin antwoord.

21. Ek sal niemand voortrek nie,ek sal vir niemand partydig wees nie.

22. Partydig wees kan ek nie,want dan sou my Maker my in 'n oogwink laat verdwyn.