Afrikaans 1983

Job 32:10-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Daarom sê ek: Luister na my,ek sal ook sê wat ek weet.

11. Ek het julle laat praat,ek het geluister na julle argumenteom te kyk of julle by die regte antwoord uitkom.

12. My aandag was op julle toegespits,maar nie een van julle het vir Job behoorlik berispeof sy argumente weerlê nie.

13. Moet nou net nie sê:‘Ons het die wysheid gevind;God, nie 'n mens nie, sal met Job afreken’ nie.

14. Met my het Job nog nie geargumenteer nie,en met júlle argumente sal ék hom nie pak nie.

15. As die vriende verslae staan,as hulle niks meer het om te sê nie,as woorde hulle ontbreek,

16. as hulle nie praat nie,as hulle daar staan en verder niks sê nie,moet ek nog langer stilbly?

17. Ek wil ook 'n beurt hê om te praat,ek wil ook sê wat ek weet.

18. Ek het baie om te sê,my gees dwing my om te praat.

19. Dit kook in mysoos wanneer wyn nie klaar gegis het nieen selfs nuwe wynsakke wil laat oopbars.

20. Ek moet praat, ek moet my gemoed lug,ek moet vir Job begin antwoord.

21. Ek sal niemand voortrek nie,ek sal vir niemand partydig wees nie.