Afrikaans 1983

Job 32:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe die drie vriende ophou om Job te antwoord omdat hy volgehou het dat hy onskuldig is,

2. het Elihu seun van Barakel, 'n Bussiet uit die familie van Ram, kwaad geword vir Job. Elihu het kwaad geword omdat Job volgehou het dat hy reg het, nie God nie.

3. Elihu was ook kwaad vir die drie vriende van Job omdat hulle Job nie reg geantwoord het nie en nie aangetoon het dat hy skuldig is nie.

4. Terwyl die vriende met Job aan die praat was, het Elihu stilgebly, want hulle was ouer as hy.

5. Maar toe hy merk dat die drie manne Job nie verder antwoord nie, het hy kwaad geword.

6. Elihu seun van Barakel die Bussiet het begin praat:“Ek is jonk, en julle is grysaards.Daarom was ek huiwerig,ek was bang om vir julle te sê wat ek weet.

7. Ek het gedink: laat die ouderdom praat,laat die ervaring sy wysheid meedeel.

8. Maar dit is die gees in die menswat die mens insig gee,die gees wat van die Almagtige af kom.

9. Dit is nie die baie jare wat verstandig maaken aan oumense insig gee in wat reg is nie.

10. Daarom sê ek: Luister na my,ek sal ook sê wat ek weet.

11. Ek het julle laat praat,ek het geluister na julle argumenteom te kyk of julle by die regte antwoord uitkom.

12. My aandag was op julle toegespits,maar nie een van julle het vir Job behoorlik berispeof sy argumente weerlê nie.