Afrikaans 1983

Job 31:5-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. “As ek my sou opgehou het met valsheid,agter bedrog sou aangehardloop het,

6. laat God my dan weeg op 'n betroubare skaaldat Hy kan weet dat ek onskuldig is.

7. As ek die spoor byster geraak het,my deur my begeerte laat lei heten my hande besoedel het,

8. laat ander mense eet wat ek gesaai het,of laat my gesaaides uitgeruk word.

9. As ek my deur 'n ander se vrou laat verlei heten gretig geloer het na my buurman se deur,

10. laat mý vrou dan vir 'n ander man koring maal,laat ander by haar slaap.

11. As ek so iets gedoen het, sou dit 'n skande gewees het,'n misdaad vir regters om te straf.

12. Dit sou 'n vuur gewees het wat alles vernietigen al my besittings verteer.