Afrikaans 1983

Job 31:35-40 Afrikaans 1983 (AFR83)

35. Is daar dan niemand wat na my luister nie!My saak het ek gestel:nou moet die Almagtige my antwoord.“As iemand wat 'n klag teen my het,dit op skrif sou stel,

36. sou ek dit sonder meer bekend maak;dit sal nie vir my 'n skande wees nie.

37. Ek kan rekenskap gee van elke tree wat ek gegee het,ek kan my teëstander met vrymoedigheid tegemoet gaan.

38. As die grond wat ek bewerk, 'n klag teen my heten sy ploegvore saam sou protesteer,

39. as ek sy opbrengs verteer het sonder vergoeding aan sy eienaarsen hulle van honger laat vergaan het,

40. mag daar dan dorings groei in plaas van koring,onkruid in plaas van gars.”Dit is die einde van Job se woorde.