Afrikaans 1983

Job 31:29-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

29. Het ek my verheug oor die ongeluk van my vyand,was ek bly as 'n ramp hom tref?

30. Nee, ek het nie met 'n enkele woord gesondigen hom dood gewens nie.

31. Het die mense in my diens ooit gesê:‘By Job het ons nie genoeg gekry om te eet nie’?

32. Selfs 'n vreemde het nooit by my buite geslaap nie,vir 'n reisiger het my deure altyd oopgestaan.

33. Het ek soos ander my oortredinge weggesteeken my sonde vir myself gehou

34. omdat ek vir die mense bang wasen die minagting van die familie gevrees het?Het ek stilgebly en dit nie buite gewaag nie?