Afrikaans 1983

Job 3:7-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. “Ja, daardie nag moes niemand gebore gewees het nie,daar moes geen blydskap gewees het nie.

8. Wie dae vervloek, moes ook dié dag vervloek het,hulle moes die Leviatan aangehits het om dit te vernietig.

9. Die môrester moes verduister gewees het,hy moes tevergeefs gewag het op die ligen nooit die dag sien breek het nie,

10. want hy het nie gekeer dat ek gebore word nie,my hierdie smart nie gespaar nie.

11. Waarom het ek nie by my geboorte gesterf nie,net toe ek gebore is, my laaste asem uitgeblaas nie?

12. Waarom was daar knieë om my op neer te sit,borste om my te voed?

13. Anders kon ek nou stil in die graf gelê het,rustig in die dood geslaap het

14. saam met konings en hulle raadgewerswat puinhope herbou het,

15. of saam met vorste wat goud besit het,wat hulle huise vol silwer gemaak het.

16. “Waarom was ek nie maar 'n misgeboortewat sonder meer begrawe is nie,'n doodgebore kind wat nooit die daglig gesien het nie?

17. Dan sou ek daar gewees hetwaar die goddeloses nie meer kwaad stook nie,waar dié wat gedaan is, rus vind,

18. waar die gevangenes saam rus genieten nie meer die stem van die slawedrywer hoor nie;

19. daar waar klein en groot saam is,waar die slaaf vry is van sy eienaar.

20. “Waarom moes God dan die lewenslig geeaan 'n man wat net swaar kry,waarom moes Hy lewe gee aan 'n man wat so bitter ly,