Afrikaans 1983

Job 3:21-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. aan iemand wat tevergeefs hunker na die dood,wat daarna soek soos na 'n verborge skat,

22. wat maar te bly sou wees om in 'n graf te komen daaroor sou jubel?

23. “Waarom die lewenslig gee aan 'n manwat vir hom geen pad vorentoe sien nie,'n man vir wie God van alles afgesny het?

24. “Ek kan nie eet van die pyn nie,ek kan nie ophou kreun nie.

25. Wat ek gevrees het, het oor my gekom;waarvoor ek bang was, het my getref.

26. Ek het geen rus en geen vrede nie,geen verposing nie, net angs.”