Afrikaans 1983

Job 29:17-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Ek het die mag van dié wat onreg doen, gebreek,ek het die prooi uit hulle tande weggeruk.

18. Daarom het ek gedink:ek sal eendag sonder sorge sterf in my eie huis,my lewensdae sal meer wees as wat daar sand is,

19. ek sal wees soos 'n boom met sy wortels by die wateren elke môre dou op sy takke,

20. ek sal altyd nuwe krag hê,ek sal my man kan staan.

21. Mense het vol verwagting na my geluister,hulle het in spanning gewag op my raad.

22. Nadat ek gepraat het, het hulle niks gesê nie,hulle het my woorde ingedrink,

23. hulle het daarop gewag soos op 'n reënbui,hulle het daarna gesmag soos na die laat reëns.

24. Ek was vriendelik met hulletoe hulle geen hoop meer gehad het nie,my goedgesindheid het verhoed dat hulle ondergaan.

25. Ek het hulle die koers gewys,ek was hulle leier,ek was tussen hulle soos 'n koning tussen sy soldate,soos een wat treurendes troos.”