Afrikaans 1983

Job 29:10-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Die vernames het nie 'n woord gesê nie,hulle het uit eerbied geswyg.

11. Dié wat van my gehoor het, het goed van my gepraat,dié wat my gesien het, het my geprys

12. omdat ek die armes gered het wat om hulp roep,die weeskind en dié wat geen helper het nie.

13. Die man wat met ondergang bedreig was,het my vir sy redding gedank,en ek het die hart van die weduwee bly gemaak.

14. Ek het reg en geregtigheid laat geskied;vir my was dit vanselfsprekend,so vanselfsprekend as om klere aan te trek.

15. Ek was oë vir die blindesen voete vir die kreupeles,

16. ek was 'n vader vir die armes,ek het selfs onbekendes se regsaak behartig.

17. Ek het die mag van dié wat onreg doen, gebreek,ek het die prooi uit hulle tande weggeruk.

18. Daarom het ek gedink:ek sal eendag sonder sorge sterf in my eie huis,my lewensdae sal meer wees as wat daar sand is,

19. ek sal wees soos 'n boom met sy wortels by die wateren elke môre dou op sy takke,

20. ek sal altyd nuwe krag hê,ek sal my man kan staan.