Afrikaans 1983

Job 29:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daarna het Job voortgegaan om sy saak te stel:

2. “Kon dit maar weer met my gaan soos lank gelede,soos in die dae toe God nog sy hand oor my gehou het,

3. toe sy lig beskermend oor my geskyn heten my pad in die donker verlig het.

4. Dit was die beste jare van my lewetoe ek nog 'n vertroueling van God was.

5. Toe was die Almagtige by myen my kinders rondom my.

6. Ek het oral voorspoed geniet:volop dikmelk en strome olyfolie.