Afrikaans 1983

Job 28:18-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Koraal en kristal word nie eers gereken nie,wysheid is baie meer werd as pêrels.

19. Topaas uit Kus kom nie daarby in waarde nie,selfs met suiwer goud kan jy nie daarvoor betaal nie.

20. Die wysheid, waar kom dit vandaan?Waar is die woonplek van die insig?

21. Dit is verborge vir al wat lewe,weggesteek selfs vir die voëls in die lug.

22. Die onderwêreld en die dood sê:‘Ons het maar net 'n gerug daaroor gehoor.’

23. Net God weet hoe die pad daarheen loop,net Hy ken die woonplek van die wysheid,

24. want Hy sien die verste eindes van die aarde,Hy aanskou alles onder die hemel.

25. Toe Hy die krag van die wind bepaal heten die waters uitgemeet het,

26. toe Hy vir die reën reëls gemaak heten 'n pad vir die weerlig aangewys het,

27. toe het Hy die wysheid gesien en daarvan vertel,toe het Hy dit vasgestel en deurvors.