Afrikaans 1983

Job 28:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Daar is 'n plek waar silwer uitgehaal word,'n plek waar goud gesmelt word.

2. Yster word uit die grond gehaalen koper word uit erts gesmelt.

3. Die mens maak 'n einde aan die donker,hy soek erts in die diepste plekke, in die donkerste hoeke.

4. Hy grawe 'n skag waar niemand woon nie,op plekke waar niemand kom nie,ver van mense af hang hy en swaai hy.

5. Die aarde waaruit die voedsel kom,word daar onder oopgebreek met vuur.

6. Uit die klip van die aarde kom saffier,ook korreltjies goud.

7. Geen roofvoël ken daardie pad nie,die oog van 'n valk kan dit nie sien nie,

8. roofdiere loop nie daar nie,die leeu gaan nie daarlangs nie.

9. “Die mens bewerk die harde rots met sy hande,hy keer die dieptes van die berge om,

10. hy grawe gange deur die rots,sy oog sien al die skatte,