Afrikaans 1983

Job 27:15-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Dié wat van hulle oorbly, sal deur die pes verteer word,en hulle weduwees sal nie oor hulle treur nie.

16. Al hoop hulle hulle geld op soos stof,en al is hulle klere so volop soos klei,

17. wat hulle bymekaargemaak het,sal deur die regverdiges gedra word,en onskuldiges sal die goddeloses se geld onder mekaar verdeel.

18. Die goddelose se huis is tydelik, soos 'n kokon vir 'n mot,soos 'n skerm wat deur 'n wagter gebou is.

19. Die goddelose gaan slaap as ryk man,maar hy doen dit nie weer nie:as hy sy oë oopmaak, is alles weg.

20. Die angs oorval hom soos 'n vloed,'n orkaan voer hom weg in die nag.

21. Die oostewind lig hom op, en weg is hy,dit waai hom weg uit sy plek.

22. Dit storm op hom af sonder genade,hy moet vlug vir die geweld van die wind.

23. Die wind klap sy hande van blydskapterwyl hy die goddelose uit sy plek wegblaas.”