Afrikaans 1983

Job 27:10-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Vind hy vreugde in die Almagtige?Roep hy God altyd weer aan?

11. Ek wil julle iets leeroor die mag van God;wat by die Almagtige is,sal ek nie verberg nie.

12. Julle het dit tog almal al gesien,waarom dan die sinlose gepraat?

13. “Dit is die lot wat God uitmeet vir die goddeloses,dit is wat die geweldenaars ontvang van die Almagtige.

14. Hoe baie hulle kinders ook al is,hulle is vir die swaard bestem,hulle nakomelinge sal altyd honger ly.

15. Dié wat van hulle oorbly, sal deur die pes verteer word,en hulle weduwees sal nie oor hulle treur nie.

16. Al hoop hulle hulle geld op soos stof,en al is hulle klere so volop soos klei,

17. wat hulle bymekaargemaak het,sal deur die regverdiges gedra word,en onskuldiges sal die goddeloses se geld onder mekaar verdeel.

18. Die goddelose se huis is tydelik, soos 'n kokon vir 'n mot,soos 'n skerm wat deur 'n wagter gebou is.

19. Die goddelose gaan slaap as ryk man,maar hy doen dit nie weer nie:as hy sy oë oopmaak, is alles weg.

20. Die angs oorval hom soos 'n vloed,'n orkaan voer hom weg in die nag.

21. Die oostewind lig hom op, en weg is hy,dit waai hom weg uit sy plek.