Afrikaans 1983

Job 27:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Job het voortgegaan en gesê:

2. “So seker as God leef, Hy wat my reg van my af weggeneem het,die Almagtige wat my die bitter lyding aangedoen het:

3. so lank as daar lewe in my is,so lank as die asem van God in my is,

4. sal ek niks sê wat verkeerd is nieen sal daar geen onwaarheid uit my mond kom nie.

5. Daarom kan ek nooit toegee dat julle reg het nie:tot my dood toe sal ek volhou dat ek onskuldig is.

6. Ek bly daarby dat ek reg het, ek sal daarvan nie afsienen my my lewe lank daaroor verwyt nie.

7. Mag dit met my vyande gaan soos met die goddeloses,met my teëstanders soos met dié wat onreg doen.

8. Watter hoop het die godlose as sy lewe afgesny word,as God sy lewe opeis?

9. Sal God sy hulpgeroep hooras rampe hom oorval?

10. Vind hy vreugde in die Almagtige?Roep hy God altyd weer aan?