Afrikaans 1983

Job 26:6-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Die plek van die dood lê oop voor God,niks bedek die doderyk vir Hom nie.

7. God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,Hy laat die aarde hang waar niks is nie.

8. Hy versamel die water in die wolke,en hulle skeur nie onder die las nie.

9. Hy bedek sy troon,Hy sprei wolke daaroor uit.

10. Hy plaas die horison op die see,'n grens tussen lig en donker.

11. Die pilare van die hemel skud,hulle sidder vir sy dreigende woede.

12. Deur sy krag bring Hy die see tot rus,deur sy insig verpletter Hy vir Rahab!

13. Met die wind waai Hy die lug skoon,met sy krag deurboor Hy die seemonster.

14. Dit is maar die begin van sy dade,ons hoor net die gefluister van sy woorde.Maar die volle krag van sy dade,wie kan dit verstaan?”