Afrikaans 1983

Job 26:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe het Job weer gepraat:

2. “Het jy nou dié een gehelp wat nie krag het nie?Het jy nou dié een bygestaan wat nie sterk is nie?

3. Het jy nou raad gegeeaan een wat nie wysheid het nie?Het jy groot insig laat blyk?

4. Met wie se hulp het jy gepraat?By wie het jy gehoor wat jy gesê het?”

5. “Dié wat reeds dood is, bewe,die doderyk en al sy bewoners.

6. Die plek van die dood lê oop voor God,niks bedek die doderyk vir Hom nie.