Afrikaans 1983

Job 24:15-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. die egbreker wag vir die donker,hy dink geen oog sal hom sien nie,hy vermom homself;

16. die dief breek by huise in as dit donker is,bedags kruip hy weg,hy wil niks met die lig te doen hê nie.

17. Vir elkeen van hulle is die donker soos die oggend,hulle is tuis by die verskrikkings van die donker.

18. “Maar hulle spoel vinnig weg op die water;wat hulle besit, staan onder 'n vloek,niemand werk meer in hulle wingerde nie.

19. Soos droogte en hitte sneeu wegsmelt,so maak die graf 'n einde aan die sondaar.

20. Sy eie ma vergeet hom,hy is kos vir die wurms,daar word nie meer aan hom gedink nie.Wie onreg doen, word soos 'n stuk hout gebreek.

21. Hy het die kinderlose vrou geplunderen nooit goed gedoen aan 'n weduwee nie.

22. Maar God onderwerp die sterkes deur sy mag;as Hy optree, het hulle geen sekerheid meer in die lewe nie.

23. Hy gee miskien vir hulle 'n gevoel van sekerheidwaarop hulle kan steun,maar Hy hou dop wat hulle doen.

24. Net 'n kort tydjie is hulle belangrik,dan is daar niks van hulle oor nie,hulle stort inmekaar en sterf soos almal,hulle word soos koringare afgesny.

25. Is dit nie so nie?Wie kan my tot leuenaar maak?Wie kan my woorde weerlê?”