Afrikaans 1983

Job 24:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Waarom stel die Almagtige nie tye vas vir afrekening nie?Waarom moet dié wat Hom ken, tevergeefs uitsien na sulke dae?

2. Mense verskuif grenslyne,hulle steel troppe vee en laat hulle by hulle eie vee wei,

3. hulle vat die weeskind se donkieen lê beslag op die bees van die weduwee,

4. hulle druk die armes van die pad af;die behoeftiges van die land moet wegkruip.

5. Soos wildedonkies moet die armes in die woestyn gaan kos soek,die dorre wêreld moet vir hulle kinders kos voorsien.

6. Hulle oes veevoer op die land om dit self te eet,hulle soek oorskiettrossies in die wingerde van die goddeloses.

7. Hulle moet die nag kaal deurbring, sonder klere,hulle het geen beskutting teen die koue nie.

8. Hulle is deurnat van die reëns in die berge,daar is geen skuiling nie, hulle hurk agter die rotse.

9. Die weeskind word weggeruk van die bors waaraan hy drink,die armes word vir skuld verpand.

10. Hulle loop kaal rond, sonder klere,hulle dra gerwe uit, maar ly honger,

11. hulle trek die olyfpers,hulle trap die parskuipe, maar bly dors.

12. In die stad kerm die sterwendes,dié wat aangerand is, roep om hulp,maar God slaan nie ag op die onreg nie.”

13. “Daar is mense wat nie die daglig verdra nie,wat niks te doen wil hê met wat in die dag gebeur nie,wat nie van die dag se paaie hou nie: