Afrikaans 1983

Job 23:10-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Hy ken my pad;as Hy my toets, is ek suiwer soos goud.

11. Ek volg Hom waar Hy gaan,ek hou op sy pad en draai nie af nie.

12. Sy bevel verontagsaam ek nie,ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.

13. Hy bly dieselfde, wie kan Hom teenstaan?Wat Hy wil, doen Hy.

14. Wat Hy oor my besluit het, sal Hy doen,wat sy planne met my ook al is.

15. Daarom staan ek vreesbevange voor Hom,ek probeer verstaan, maar ek bly Hom vrees.

16. God het my weerstand afgebreek,die Almagtige het my met angs vervul.

17. Maar in hierdie donkerte het ek nie stilgebly nie,in hierdie duisternis wat my oorval het.”