Afrikaans 1983

Job 22:3-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Watter belang het die Almagtige daarby dat jy reg het,watter voordeel het dit vir Hom dat jou lewenswandel vroom is?

4. Is dit oor jou diens aan Hom dat Hy jou straf,dat Hy 'n saak teen jou het?

5. Is jou verkeerde dade dan nie baie nie?Daar is geen einde aan al jou sondes nie.

6. Sonder regverdiging het jy van jou eie familie goed in pand gevat,jy het die klere van dié wat niks het nie, van hulle afgestroop.

7. Jy het vir dié wat uitgeput was, nie water gegee nieen geweier om vir dié wat honger was, kos te gee.

8. Jy, 'n ryk man, het grond in besit gekry,jy, 'n man van aansien, woon daarop.

9. Maar jy het weduwees met leë hande van jou af weggestuuren weeskinders sonder heenkome gelaat.

10. Daarom is daar net vangstrikke rondom jouen het angs jou skielik oorval.

11. Daarom is dit so donker dat jy nie kan sien nieen verswelg vloedwaters jou.

12. Is God dan nie hoog in die hemel nie?Kyk net hoe hoog sit die sterre!

13. Jy dink dalk: wat weet God?Hy regeer uit die donkerte uit.

14. Daar is wolke rondom Hom, Hy kan nie sienterwyl Hy daar bo in die hemelgewelf wandel nie.

15. Wil jy op die ou pad houwat deur sondige mense uitgetrap is?

16. Hulle is weggeruk vóór hulle tyd:die dinge waarop hulle gebou het, is deur 'n stroom meegesleur.

17. Hulle het vir God gesê: ‘Laat staan ons.Wat kan die Almagtige aan ons doen?’