Afrikaans 1983

Job 22:13-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Jy dink dalk: wat weet God?Hy regeer uit die donkerte uit.

14. Daar is wolke rondom Hom, Hy kan nie sienterwyl Hy daar bo in die hemelgewelf wandel nie.

15. Wil jy op die ou pad houwat deur sondige mense uitgetrap is?

16. Hulle is weggeruk vóór hulle tyd:die dinge waarop hulle gebou het, is deur 'n stroom meegesleur.

17. Hulle het vir God gesê: ‘Laat staan ons.Wat kan die Almagtige aan ons doen?’

18. En dit terwyl dit Hý is wat hulle huise met rykdom vul!Daarom bly ek weg van die raad wat van goddeloses af kom.

19. Dié wat reg doen,sien die ondergang van die goddeloses en is bly,die onskuldiges spot met hulle:

20. Ons vyande is daarmee heen,vuur het hulle besittings verteer.”

21. “Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef,en so sal jy voorspoed hê.

22. Laat Hy jou leeren neem sy woorde ter harte.

23. As jy terugkom na die Almagtige toe, sal jy herstel word.As jy die kwaad ver van jou woonplek af hou,

24. jou goud as nikswerd beskou,die goud uit Ofir as so min werd as 'n klip in die spruit,

25. sal die Almagtige jou goud wees,jou skat aan silwer.

26. Dan sal jy jou in die Almagtige verlustigen jou weer tot God wend.

27. Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou gebed verhoor,die beloftes wat jy gemaak het, sal jy nakom.

28. Wat jy besluit, sal uitgevoer word,dit sal voorspoedig gaan met jou.

29. Wanneer mense valen jy vra dat hulle opgetel word,sal God hulle, die ootmoediges, red.