Afrikaans 1983

Job 22:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe sê Elifas die Temaniet vir Job:

2. “Kan 'n mens vir God tot nut wees?Nee, die verstandige is vir homself tot nut.

3. Watter belang het die Almagtige daarby dat jy reg het,watter voordeel het dit vir Hom dat jou lewenswandel vroom is?

4. Is dit oor jou diens aan Hom dat Hy jou straf,dat Hy 'n saak teen jou het?

5. Is jou verkeerde dade dan nie baie nie?Daar is geen einde aan al jou sondes nie.

6. Sonder regverdiging het jy van jou eie familie goed in pand gevat,jy het die klere van dié wat niks het nie, van hulle afgestroop.

7. Jy het vir dié wat uitgeput was, nie water gegee nieen geweier om vir dié wat honger was, kos te gee.