Afrikaans 1983

Job 21:26-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Saam lê hulle in die graf,altwee oortrek van die wurms.

27. “Ek ken julle gedagtes,die slim argumente waarmee julle my wil veronreg.

28. Julle sê: ‘Wat word van die huis van 'n belangrike man,van die wonings van goddeloses?’

29. Het julle nie dié wat baie rondgaan, gevra nie,het julle nie ag geslaan op wat hulle vertel nie?

30. Hulle sê 'n slegte man word op die dag van onheil gered,hy word op die dag van toorn verskoon.

31. Wie spreek hom in sy gesig aan oor sy slegte gedrag,wie vergeld hom vir wat hy gedoen het?

32. “Hy word na die graf gedra,en by die hopie grond word daar wag gehou.

33. Die kluite van die graf pla hom nie.Alle mense volg hom daarheen,en voor hom is mense sonder tal daarnatoe.

34. Hoe kan julle my dan met sinlose praatjies probeer troos?Julle argumente is niks anders as bedrog nie.”