Afrikaans 1983

Job 21:19-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Spaar God dan sy rampe op vir die goddelose se kinders?God moet hom tog straf dat hy dit self weet!

20. Hy moet sy ondergang met sy eie oë sien,hy moet self die toorn van die Almagtige ondervind.

21. Wat kan sy familie hom skeel na sy dood,as sy lewensdraad afgeknip is?

22. “Sou iemand vir God iets kon leer,vir Hom wat selfs die sterkstes regeer?

23. “Die een mens sterf in sy volle kragterwyl hy heeltemal tevrede en rustig leef,

24. terwyl hy blakend gesond isen volop murg in sy bene het.

25. Die ander sterf in bitterheidsonder dat hy voorspoed gesmaak het.

26. Saam lê hulle in die graf,altwee oortrek van die wurms.

27. “Ek ken julle gedagtes,die slim argumente waarmee julle my wil veronreg.

28. Julle sê: ‘Wat word van die huis van 'n belangrike man,van die wonings van goddeloses?’

29. Het julle nie dié wat baie rondgaan, gevra nie,het julle nie ag geslaan op wat hulle vertel nie?

30. Hulle sê 'n slegte man word op die dag van onheil gered,hy word op die dag van toorn verskoon.