Afrikaans 1983

Job 21:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe het Job weer gepraat:

2. “Luister goed na my woorde;so sal julle my die beste troos.

3. Verdra my terwyl ek praat,en as ek klaar gepraat het, kan julle my verder bespot.

4. My klag is nie teen mense nie.Waarom mag ek dan nie ongeduldig word nie?

5. Kyk na my, dan sal julle verstom staanen van verbasing die hand op die mond lê.

6. As ek hieraan dink, skrik ek,gaan ek aan die bewe:

7. Waarom bly die goddeloses aan die lewe,word hulle oud en ryk en vernaam?

8. Hulle kinders raak gevestig rondom hulle,hulle sien hulle nageslagte.