Afrikaans 1983

Job 20:20-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Daar is geen einde aan sy gulsigheid nie,hy kom nie vry van sy hebsug nie.

21. Niks ontsnap sy vraatsug nie,daarom hou sy voorspoed nie stand nie.

22. Met sy oorvloed en al tref 'n ramp hom,kom die swaarkry met volle krag op hom af.

23. Terwyl hy hom nog so vol eet,laat God die woede van sy toorn oor hom losbreek,oorval God hom met oorlog.

24. Hy vlug nog vir 'n ysterwapen,dan deurboor 'n bronspyl hom.

25. Terwyl hy dit uit sy rug uit trek,die glansende punt uit sy gal,oorval die doodsvrees hom.

26. Al sy skatte is bestem om vernietig te word,'n vuur verteer hom, selfs al word dit nie aangeblaas nie.Dit verbrand wat in sy huis oorbly.

27. Die hemel ontbloot sy sonde,die aarde kom teen hom in opstand.

28. Vloedwater spoel sy huis weg,waterstrome op die dag van God se toorn.

29. Dit is die lot van die mens wat skuldig is voor God,die deel van die een wat hom teen God verset.”