Afrikaans 1983

Job 19:17-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. My asem walg my vrou,ek ruik sleg vir my eie broers.

18. Selfs kindertjies minag my,as ek wil opstaan, spot hulle my.

19. Al my vertrouelinge verafsku my,dié wat ek liefhet, het teen my gedraai.

20. Ek is net vel en been,al my tande het uitgeval.

21. Kry my tog jammer, my vriende, kry my tog jammer!Die hand van God het my swaar getref.

22. Waarom vervolg ook julle my soos God dit doen?Kry julle nie genoeg nie?

23. Mag my woorde tog opgeskryf word,mag dit ingegraveer word op 'n monument

24. met 'n ysterpen en lood,vir altyd in 'n rots uitgekap.

25. Ek weet dat my Losser leef,uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer!

26. Selfs nadat hierdie siekte my vel weggevreet het,sal ek nog lewe en God sien.

27. Ek sal Hóm sien,met my eie oë sal ek Hom sien, Hom en niemand anders nie.Ek smag daarna met my hele lewe.

28. As julle dan sê julle wil my vervolg,die wortel van die kwaad by my opspoor,