Afrikaans 1983

Job 19:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe het Job weer gepraat:

2. “Hoe lank gaan julle my bly pynigen my met woorde striem?

3. Dit is die soveelste keer dat julle my beledigen my sleg behandel sonder om julle te skaam.

4. As ek werklik gedwaal het,is my dwaling my eie saak.

5. Maar as julle julle teen my aanstelen my veroordeel oor die smaad wat oor my gekom het,

6. weet dan dat dit God is wat my die onreg aandoenen my in sy net gevange hou.

7. Ek skreeu: ‘Geweld!’ maar kry geen reaksie nie,ek roep om hulp maar daar word nie aan my reg gedoen nie.

8. Hy het my pad versper, ek kan nie verder nie.Hy het die donker laat toesak oor my pad.

9. Hy het my eer van my af weggestroop,my aansien van my af weggeneem.

10. Aan alle kante breek Hy my af, sodat ek moet sterf,Hy laat my hoop verdwyn soos 'n boom wat uitgeruk word.