Afrikaans 1983

Job 16:6-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Maar my pyn sal nie ophou as ek praat nie,dit sal ook nie verdwyn as ek ophou praat nie.

7. Nou het God my afgetakel,Hy het my hele gesin uitgewis.

8. Hy het my beetgepak, en dít dien as getuienis teen my;my vervalle toestand staan op en getuig teen my.

9. God het my in sy toorn verskeur en vervolg,in sy woede het Hy my lewe bedreig,Hy, my Teëstander, deurboor my met sy oë.

10. Mense rek hulle monde oor my,hulle beledig my,hulle sak op my toe.

11. God het my oorgelewer aan slegte mense,Hy het my in die hande van goddeloses laat val.

12. Ek het rustig gelewe, toe versteur God my rus,Hy het my aan die nek beetgepak en my vergruis.Hy het van my 'n teiken gemaak:

13. sy pyle tref my hele liggaam,meedoënloos deurboor Hy my niereen my gal loop uit op die grond.

14. Wond op wond dien Hy my toe,soos 'n soldaat storm Hy op my af.

15. Ek het vir my 'n roukleed gemaak,my eer het in die stof verdwyn.