Afrikaans 1983

Job 16:16-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Ek het my oë rooi gehuil,daar is swart kringe onder my oë.

17. Tog is ek nie skuldig aan geweld nieen is my gebed opreg.

18. Moenie die onreg teen my verberg nie, aarde,moenie dat my noodkrete tot rus kom nie.

19. Selfs nou nog het ek 'n getuie in die hemel,Hy wat vir my getuig, is daar bo.

20. My vriende het my bespotters geword,daarom pleit ek met trane by God

21. dat Hy uitspraak lewer in die saak tussen 'n mens en Homsoos in 'n saak tussen 'n man en sy vriend,

22. want my jare is min en gaan verby,en ek gaan na die plek toewaarvandaan niemand terugkom nie.”