Afrikaans 1983

Job 16:14-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Wond op wond dien Hy my toe,soos 'n soldaat storm Hy op my af.

15. Ek het vir my 'n roukleed gemaak,my eer het in die stof verdwyn.

16. Ek het my oë rooi gehuil,daar is swart kringe onder my oë.

17. Tog is ek nie skuldig aan geweld nieen is my gebed opreg.

18. Moenie die onreg teen my verberg nie, aarde,moenie dat my noodkrete tot rus kom nie.

19. Selfs nou nog het ek 'n getuie in die hemel,Hy wat vir my getuig, is daar bo.